Bestuurder van EPP besoek SAPPO

Sven Häuser, die European Pork Producers (EPP) se kantoorbestuurder in Frankfurt, Duitsland het in Desember by SAPPO besoek afgelê. Johann Kotzé en Isabel Bröcker van SAPPO het hom vroeër vanjaar by die EPP-kongres in Switserland ontmoet. Häuser het ook 'n Suid-Afrikaanse varkplaas en abattoir besoek.

Verskeie instansies het inligting met Häuser gedeel. Van links is Charl Braak (GHB Farms), Sven Häuser, Isabel Bröcker (SAPPO), Stefan Vermaak en Andrew Reeders (Topigs Norsvin), Tracy Davids (BFAP), Johann Kotzé (SAPPO) en Nico Scheltema (IVIS).